Russies-Ortodokse Kerk

Russies-Ortodokse Kerk
Die Drie-eenheid-klooster van Sint Sergei in Sergejef Posad naby Moskou.
Die Drie-eenheid-klooster van Sint Sergei in Sergejef Posad naby Moskou.
Moederkerk Ekumeniese patriargaat
Stigtingsjaar 988
Stigter Wladimir die Grote
Status Outokefaal
Kerkleiding
Hoof Kirill
Hoof se titel Patriarg van Moskou en die Hele Rusland
Setel Moskou, Rusland
Besonderhede
Liturgie Bisantyns
Liturgiese taal   Kerkslawies
Kalender Juliaans
Gelowiges 100 000 000+
Bisdomme 160
Kloosters 788
Gemeentes 30 142
Priesters 28 434
Webtuiste
http://www.patriarchia.ru

Die Russies-Ortodokse Kerk (Russies: Ру́сская правосла́вная це́рковь, Roesskaja prawoslawnaja tserkof) is ’n outokefale Oosters-Ortodokse Kerk wat sedert 15 Oktober 2018 nie meer in volle gemeenskap met die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel is nie. Die primaat van die kerk het die titel Patriarg van Moskou en die Hele Rusland.

Die Kerk het kerklike jurisdiksie oor verskeie Ortodokse kerke buite Rusland, soos die Outonome Oekraïens-Ortodokse Kerk, maar ondervind spanning met dié kerk weens skismatiese groepe wat deur die huidige regering gesteun word.[1] Die debat oor die erkenning van ander Ortodokse kerke as outokefaal het ook spanning tussen die Russies-Ortodokse Kerk en die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel veroorsaak.[2]

'n Kerk
  1. "Religious tensions deepen Ukraine splits - Russian Orthodox official". Reuters (in Engels). 16 Mei 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 5 Maart 2015.
  2. "Russia Takes Further Step Toward Major Schism in Orthodox Church" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020. Besoek op 16 Oktober 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search